Junior Plaasbestuurder

Thursday, 7 May, 2026
Maritsa Smith     0824554146
Robertson  

Ons kliënt, ’n gevestigde wyndruif- en inmaakvrugte-eenheid in die Robertson-omgewing, het ‘n opening vir ’n bekwame en gemotiveerde Junior Plaasbestuurder om by hulle span aan te sluit.

Verantwoordelikhede:

  • Bestuur en koördinering van daaglikse produksie-aktiwiteite.
  • Instandhouding van wingerde en boord (besproeiing, bemesting, snoei, oes).
  • Toesig oor nuwe ontwikkelings op die plaas.
  • Effektiewe bestuur en aanwending van arbeidspanne (±30–40 werknemers).
  • Verseker van kwaliteit en produktiwiteit op die plaas.

Vereistes:

  • 5–10 jaar algemene ondervinding op ’n wingerd- en/of vrugteplaas.
  • Nagraadse opleiding in landbou sal ’n voordeel wees.
  • Ondervinding as druif-oesmasjien operateur sal voordelig wees.
  • Praktiese nutsman-vaardighede (bv. besproeiing, sweiswerk, algemene herstelwerk).
  • Basiese rekenaarvaardighede (Excel).
  • Geldige Kode C1 of EC1 lisensie met PDP.
  • Goeie kommunikasie- en spanwerkvaardighede.
  • Probleemoplossings- en analitiese vermoë.
  • Hoë vlak van aandag aan detail.
  • Aanpasbaarheid en goeie tydsbestuur.


Stuur asseblief alle aansoeke na maritsa@bvpd.co.za.