Koelenhof Wynkelder is opsoek na parshulpe vir die 2025 parsseisoen.
Tydperk : middel Januarie –> middel April 2025
Die suksesvolle kandidaat sal by alle aspekte van wynmaak betrokke wees, insluitend, maar nie beperk tot:
- Uitvoering van alle parsaktiwiteite
- Voorraadbeheer en kelderhigiëne
- Behulpsaam met die wynmaakproses
- Druiwe-ontvangs en afmaal.
- Sap en wyn toevoegings.
- Fermentasiebeheer.
- Sap en wyn analise.
Daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om oortyd en oor naweke te werk.
Vorige oesondervinding sal voordelig wees, kandidate moet ‘n passie vir die wynbedryf toon, energiek en hardwerkend wees.
Voordele :
- Markverwante vergoeding.
- Behuising beskikbaar op perseel.
- Ons verskaf ‘n groot maaltyd eenmaal per dag.
Stuur asseblief CV's na handre@koelenhof.co.za om ons te bereik a s a p.
Ongelukkig sal slegs plaaslike kandidate vir praktiese en logistieke redes oorweeg word.
Indien u binne twee weke geen kommunikasie van ons ontvang het nie, beskou asseblief u aansoek as onsuksesvol.