Saturday, 16 November, 2024
anonymous
Franschhoek
Franschhoek Kelder is opsoek na 'n matrikulant met 'n passie vir wingerd en wyn om as parshulp te werk vir die 2025 seisoen vanaf middel Januarie 2025 tot middel April 2025.
Pligte sluit in, maar is nie beperk tot:
Uitvoering van alle parsaktiwiteite in kelder
Fermentasiebeheer
Analises van sap en wyn
Kelderhigiene
Toevoegings
Die geskikte kandidaat moet aan die volgende vereistes voldoen:
Matrikulant met wiskunde en of skeinat
Geldige rybewys
Eie vervoer
Eie behuising
Bereid wees om oortyd, naweke en en publieke vakansie dae te werk soos per rooster
Moet vir lang periodes kan staan, stap en beweeg
Onderworpe aan mediese klaring om in n kelder omgewing te kan werk
Stuur jou CV met 'n kop/skouer foto, motiveringsbrief, hoogste kwalifikasie en of mees onlangse matriek resultate aan: recruitment@dgb.co.za
Sluitingsdatum: 22 November 2024.
Indien jy nie binne 14 dae na afloop van sluitingsdatum van ons hoor nie, kan jy jou aansoek as onsuksesvol beskou.