Wednesday, 20 November, 2024
Jenna Higgins
Paarl
Windmeul Kelder in die Paarl is opsoek na ‘n Laboratorium assistent/parshulp vir die 2025 pars seisoen. Die periode sal strek vanaf middel Januarie 2025 tot begin April 2025.
Geen vorige ervaring is ‘n vereiste nie, maar dit sal wel in u guns tel. Deeglike opleiding sal plaasvind voor die aanvang van pars om u voor te berei. Die ideale kandidaat moet wel ‘n goeie gesindheid hê, oor die vermoë beskik om in ‘n span verband te werk en opdragte te kan uitvoer soos versoek deur die wynmakers, asook bereid wees om lang ure te werk.
Laboratorium/Parshulp pos beskrywing:
Daar sal verwag word van die laboratorium assistent om daaglikse sap en wyn ontledings te doen. Monsters te trek van verskeie tenke soos deur die wynmakers versoek. Sekere byvoegings by tenke te doen en gis te rehidreer. Duidelike instruksies sal vir die verskeie take gegee word en sal geskied met die hulp en bystand van die wynmakers.
Indien u belangstel, kontak/stuur CV gerus na Jenna via e-pos: winemaker@windmeul.com