Thursday, 13 February, 2025
anonymous
Klein Karoo
Calitzdorp Wynkelder het bogenoemde posisie in die finansiële en administratiewe afdeling beskikbaar. Die Finansiële/Admin Bestuurder rapporteer aan die Raad van Direkteure en sal ten volle verantwoordelik wees vir die bestuur en instandhouding van die rekenkundige stelsels en administrasie van die kelder.
Verantwoordelikhede sluit onder meer die volgende in, maar is nie beperk tot:
- Totale rekeningkundige funksie en prosesse, kontrole en beheer
- Toepassing van rekeningkundige beleid, standaarde en wetgewing
- Verskeie interne-, eksterne verslagdoening en begroting voorbereiding
- Opstel en indiening van statutêre opgawes vir die SAID en wynbedryfinstansies
- Bestuursrekeningkunde en kosteberamings
- Voorbereiding van ouditlêer en jaarstate vir ouditeure
- Maatskappy sekretariële werk
- Bestuur van administratiewe personeel
Die vaardighede en vereistes vir die pos is as volg:
Akademiese vereistes en ondervinding
- Tersiêre kwalifikasie in rekeningkunde, B Rek / SAIPA of soortgelyke kwalifikasie
- 3-5 jaar evaring van bogenoemde verantwoordelikhede/funksies met werksondervinding by ouditeurs-/rekenmeestersfirma sal in aansoeker se guns tel
- Kennis en ervaring van MS Office, Pastel Partner & Payroll (Donkerhoek Data sal in u guns tel)
- Bereidwilligheid om op hoogte te bly van nuutste wette en ontwikkelings
Vaardighede en kennis
- Inherente akkurate ingesteldheid
- Assertief te kan optree indien vereis
- Selfstandig en innoverend kan handel
- Personeel kan motiveer en beheer
- Effektief kan funksioneer onder druk
- Hoë standaarde handhaaf ten opsigte van kwaliteit van werk en die nakoming van spertye
Om aansoek te doen, stuur jou CV na finance@calitzdorpwine.co.za voor of op 21 Februarie 2025.
Indien u nie teen 28 Februarie 2025 van ons gehoor het nie, kan u aanneem dat u aansoek onsuksesvol was.