Wednesday, 4 June, 2025
Benita Swanepoel
021 864 2860
Wellington
Die vakature bestaan by die Paarlvallei Botteleringsmaatskappy se aanleg wat net buite Wellington geleë is.
Die persoon is verantwoordelik vir die effektiewe funksionering van ‘n botteleringslyn/e.
Die sleutelverantwoordelikhede van die pos sentreer rondom:-
- Hantering, leiding en bestuur van personeel
- Opstel van produksielyn
- Monitor en optimalisering van produksieprosesse
- Kwaliteitsbeheer en voedselveiligheid
- Higïene en veiligheid
- Algemene administrasie
Om vir die pos in aanmerking te kom, moet die aansoeker aan die volgende voldoen:-
- Graad 12, verkieslik met tegniese vakke (erkende toepaslike ambag sal aansoek versterk)
- Ten minste 3 jaar ervaring in ‘n toesighoudende hoedanigheid oor ‘n span mense in ‘n produksie-omgewing
- Bereid wees om skofte te werk
- Onder druk kan werk
- Bogemiddelde rekenaarvaardighede
- Baie goed verbaal en skriftelik kan kommunikeer
- Eie betroubare vervoer hê
Die volgende sal die aansoek verder ondersteun:
- Enige ander relevante naskoolse kwalifikasie
- Kennis van wynbotteleringstoerusting
- Kennis en ondervinding van ‘n kelder, wyn- en ander verwante produkte omgewing.
- Kennis van BRCGS, HACCP en ander kwaliteitstelsels
Indien u aan bogenoemde voldoen, sal ons baie graag van u wil hoor. Stuur u aansoek na Cheryl van Schalkwyk by schalkwykc@pvbm.co.za of lewer dit af by ons aanleg te Oude Pontweg, R44 Wellington sodat dit ons bereik voor of op 20 Junie 2025.
Indien u nie binne vier weke na die sluitingsdatum van ons verneem het nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.