Saturday, 19 July, 2025
Alna van Antwerpen
0829212756
Robertson
Tans is daar ‘n pos beskikbaar vir ‘n hardwerkende en verantwoordelike persoon.
Hy sal die eienaar behulpsaam wees met algemene boerdery aktiwiteite en verantwoordelikheid aanvaar vir die arbeid van ‘n Wingerd en Lusern plaas.
Die persoon sal direk rapporteer aan die hoof bestuurder en kommunikeer t.o.v. bestuursbesluite.
Vereistes:
- Toepaslike naskoolse kwalifikasie/en of minstens 5 jaar ondervinding van wingerd en lusern verbouing.
- Goeie kennis en ervaring van besproeiingstelsels en besproeiingskedulering.
- Moet span werknemers kan bestuur en motiveer.
- Ervaring van rekordhouding t.o.v. Etiese kodes se reëls en regulasies.
- Beskik oor swaar voertuig lisensie met PDP.
- Meganiese kennis en vaardigheid t.o.v. vragmotors, trekkers, spuit masjiene en lusern snyers en balers sal u aansoek versterk.
Die suksesvolle kandidaat sal huisvesting en markverwante vergoeding ontvang.
Indien u van mening is dat u voldoen aan die vereistes, stuur u cv voor 28 Julie 2025 aan alna@bvpd.co.za
Diensaanvaarding: Soos ooreengekom.
(Indien u nie binne 14 dae na die sluiting van die aansoeke van ons gehoor het nie, was u aansoek onsuksesvol.)