Ons is opsoek na 'n gekwalifiseerde persoon wat by ons span kan aansluit.
Ons is 'n top verspreider van spesialiteitsprodukte aan die Suid-Afrikaanse wyn en voedselbedryf en ons vervaardigers is aan die voorpunt van tegniese innovasie.
Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n jong gekwalifiseerde wynmaker of voedselwetenskap-gegradueerde wat belangstel in die wyn- en vrugteverwerkings-industrieë van Suid-Afrika.
Die kandidaat moet bereid wees om te leer en te groei binne die besigheid.
Verantwoordelikhede:
- Tegniese bystand vir huidge verkoopspersoneel
- Potensiële kliente identifiseer
- Beplanning & uitvoer van laboratoriumproewe in interne laboratorium
- Beplanning & uitvoer van proewe by wynkelders
- Bystand met voorraad- en monsterbeheer
- Algemene admin van proewe, tegniese navrae & kliente korrespondensie
- Bywoning van tegniese & bemarkings-funksies in die industrie
Vaardighede en vereistes:
- Kwalifikasies wat verband hou met die wynbedryf / voedseltegnologie
- Ondervinding in die Suid Afrikaanse wynbedryf
- Vlot in Afrikaans en Engels (as gevolg van ons kliënte-basis)
- Vriendelikheid en gewilligheid om te leer
- Aandag aan detail
- Positiewe houding
- Vermoë om pro-aktief te wees
- Goeie luistervaardighede
- Vaardigheid om kliente se probleme te ondersoek en op te los
- Bogemiddelde rekenaargeletterdheid
- Vertroud met Microsoft Office (Word/ Excel en Powerpoint)
- 'n Belangstelling in die landboubedryf en voedseltegnologie
Indien jy belangstel, e-pos asseblief jou CV en `n huidige foto na: vinorecruitment@gmail.com
Ons sal jou CV hersien en jou kontak indien ons belangstel.
Salaris is markverwant.
Kandidaat sal eers op 'n proefbasis vir 4 maande aangestel word (Januarie 2025 - einde April 2025).
Maatskappy is gebaseer in Saxenburg Park 1, Kuilsrivier. Dit sal voordelig wees as jy in die omgewing woon.
Werksure: 07h00 – 17h00 (Daar sal verwag word om na-ure in parstyd te werk indien nodig)