Tuesday, 16 September, 2025
anonymous
Stellenbosch
Ons het 'n pos beskikbaar as 'n trekkerdrywer/drywer
. Die rol sal aan die Plaasbestuurder rapporteer
Pligte en verantwoordelikhede:
- Operateur van trekker, implemente en ander plaasmasjinerie wat met boerdery verband hou. Bv. Onkruid spuit, swamdoder, top masjien, voorsnoei, blaarbreekmasjien asook alle ander sleep of ploeg werk
- Ervaring met "multi row" implement
- Algemene instandhouding op trekker en boerdery-implemente
- Alle Algemene wingerd praktyke
- Algemene bystand in die wingerde en op die plaas.
- Spuitoperateur in die wingerde
- Vervoer van werkers na en van werk na huis
Kwalifikasies en ondervinding:
- Geletterd
- Minimum 5 jaar ondervindiing as trekkerdrywer op wyndruiwe plaas
- Lisensie
Bevoegdhede:
Spanwerk
- Ondersteun en werk saam na spandoelwitte
- Deel inligting, is behulpsaam en gee samewerking
Akkuraatheid en kwaliteit
- Lewer werk van 'n hoë standaard
- Werksuitsette is akkuraat en foutvry
Aansoeke gerig word aan die HR Bestuurder – Magdene Hoon - e-pos: magdene@hmvineyards.com.com
SLUITINGSDATUM: 30 September 2025