Plaasbestuurder - Robertson

Wednesday, 8 October, 2025
Maritsa Smith     0824554146
Western Cape  

Koningsrivier Boerdery  het vertakkings in wyndruiwe, steenvrugte, groente en sade.

Die plaas is ongeveer 13 km buite Robertson.

Tans is daar ‘'n langtermyn geleentheid vir ‘'n plaas bestuurder met die nodige passie vir die landbou. Hy sal die nodige leiding en ondersteuning ontvang.

Die geskikte kandidaat sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir die volgende:

  • Produktiewe organisering en bestuur van werksmag
  • Bestuur en oorsig van chemiese spuite, kunsmis toediening en besproeiing
  • Uitleg en aanplant van nuwe blokke
  • Algemene plaasbestuur

Die geskikte kandidaat moet eerlik, betroubaar, toegewyd, hardwerkend, self gemotiveerd en georganiseerd wees en ook onafhanklik kan werk.

Vereistes

  • Moet kennis hê van wyndruiwe, inmaakvrugte, groente en saad produksie
  • Minstens vyf jaar ondervinding as plaasbestuurder in een of meer van bogenoemde velde
  • Kennis van presisie stelsels sal in u guns tel
  • Basiese werktuigkundige kennis
  • Moet beskik oor goeie mense verhoudinge
  • Vermoë om onder druk en in 'n span te kan funksioneer
  • Moet beskik oor eie voertuig, kode 10 lisensie met PDP en eie selfoon

Die vergoedingspakket  is ‘'n goeie markverwante salaris en ‘'n ruim woning op die plaas

Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik.

Indien u van mening is u is die  geskikte kandidaat vir die pos, stuur u cv voor

22 Oktober 2025 aan: alna@bvpd.co.za