Vititec Wingerdboutegnikus / Vititec Viticulture Technician

Friday, 7 November, 2025
Maretha Cillie     0724585307
Paarl  

Daar bestaan tans ‘n vakature vir hierdie pos by Vititec se Picardi plaas in die Paarl.  Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir:

  • Vestiging inspeksie en seisoenale neem van Elisa monsters in moederblokke
  • Sertifisering en uitreiking van entmateriaal en hantering van gepaardgaande administrasie
  • Skakeling met produsente en kwekers
  • Seisoenale pars en ent aktiwiteite
  • Gesondheid en veiligheid (OHS)
  • Oudit dokumentasie byhou (bv. Wieta)

Die bevoegdhede/ vereistes benodig in die pos is:

  • ‘n Elsenburg diploma of soortgelyke kwalifikasie met wingerdkunde
  • Kennis van wingerd en wingerd verbouing
  • Vermoë om basiese instandhoudingstake te verrig
  • Die vermoë om goeie kliënteverhoudinge te bou en te handhaaf
  • Bewese rekord t.o.v. bestuur van werkspanne (10-60 mense)
  • Rekenaarvaardigeheid (MS Office)
  • ‘n Kode 14 lisensie met PDP en Vurhyser lisensie sal u aansoek versterk