Junior Produksie Bestuurder - Sitrus - Worcester

Thursday, 4 December, 2025
Lee-Zanne Flaatten    
Worcester  

My Klient is 'n familie besigheid wat fokus op die verbouing, verpakking en uitvoer van tafeldruiwe en sitrus in die Hexrivier Vallei, De Wet & Rawsonville. Die dienste van 'n Junior Produksie Bestuurder (SITRUS) word benodig vir die produksie eenhede naby Worcester / De Wet, Wes Kaap.

Vereistes:

  • Energieke, hardwerkende, selfgedrewe individu met 'n liefde vir sitrus, ondersteun deur 'n suksesvolle rekord van minimum 2 jaar toepaslike praktiese & tegniese kennis rakend die verbouing van sitrus.
  • Die vermoë om onder druk te kan funksioneer, en rasionale besluitneming toe te pas.
  • Goeie mense verhoudinge en bo-gemiddelde kommunikasievaardighede op alle vlakke.
  • Deeglike kennis van alle verbouings aksies rakend sitrus.
  • Rekenaarvaardig
  • 'n Toepaslike tersiêre kwalifikasie in landbou.
  • Deeglike kennis van bemesting en besproeiing praktyke. Ondervinding in ultra-lae vloei stelsels sal voordelig wees.

Pligte:

  • Die applikant sal onder die Eenheidsbestuurder verantwoordelik wees vir die bestuur van ongeveer 160ha produksie eenheid wat insluit, alle aspekte van vestiging-, produksie-, arbeids-, pakhuis en gehalte bestuur.
  • Onderhoudsbestuur en boerdery administrasie.
  • Siekte- en plaagbeheer.
  • Bemesting & Besproeiing (Pomphuis en Elektroniese stelsels)
  • Oes van Sitrus.

Behuising is ook beskikbaar op die plaas.

Sluitingsdatum vir aansoeke is 10 Januarie 2026.

Email CV in WORD formaat: cvs@agricruitment.co.za