Tuesday, 20 January, 2026
Jaco Swiegelaar
Stellenbosch
Vlak 1: Basiese Agri Werker
Plaas: Jonkersdrift
Area: Jonkershoek, Stellenbosch
Posisie: Agri-/wingerd en algemene werker
Aard van aanstelling: 3 maande pos wat kan lei tot ‘n langtermyn aanstelling
Minimum vereistes vir pos:
- Suid-Afrikaanse burger [Met ID, bewys van verblyf, bankbesonderhede en SARS registrasie]
- Woonagtig in Stellenbosch of direkte omliggende area
- Gewilligheid om fisiese werk te doen ongeag die weerstoestand
- Fisies fiks en geskik kom fisiese werk te kan doen
- Moet as deel van ‘n span kan funksioneer
- Moet geskrewe en mondelingse opdragte kan volg en uitvoer
- Moet betroubaar, eerlik en hardwerkend wees
- Afrikaans magtig (lees met begrip en skryf)
- Engels sal voordelig wees
- Basiese kennis van wingerde en olywe
- Vorige opleiding / ervaring in wingerd onderhoud
- Ervaring met masjinerie (trekkers, “ride-on lawn mowers”, “brushcutters”)
- Gewillig en gretig wees vir verdere opleiding.
Verwysings:
- Minimum van 2 – 3 verwysings wat gekontak kan word.
Verkorte pligte en verantwoordelikhede:
- Wingerd en olyfboord werk wat insluit: snoei, suier, vasmaak, blare breek, lote indruk, onkruid verwyder, oes, plant, behandel vir peste.
- Basiese besproeiing en sorg
- Werk met basiese plaas toerusting en gereedskap
- Algemene plaas/eiendom onderhoud
- Uitvoering van pligte soos uitgesit sal word en nakoming van reëls op die plaas.
- Indringers behandel en verwyder, berg en rivier
- Vullis verwydering by die wonings.
- Skoon hou van alle personeel areas en plaas gronde
- Jouself beskikbaar te stel tydens noodsituasies soos tydens veld/berg brande
- Onderhoud en die herstelwerk aan geboue op die perseel.
- Onderhoud van Tuine en grasperke.
- Onderhoud van grasvelde en kampe
- Enige ander take wat redelik is en verwag kan word rondom Wingerd en olyfboord werk, algemene plaaswerk en tuinwerk.
Ure:
8.5 ure se werk en 1.5 ure se tee en middagete.
Vergoeding:
- Maandelikse salaris sal rondom die Nasionale Minimum Loon (NML) wees vir die eerste 3 maande en sal verhoog indien verdere aanstelling gemaak word.
Aansoek:
Sluitings datum van aansoeke: 13 Februarie 2026