Agri Werker met kennis

Tuesday, 20 January, 2026
Jaco Swiegelaar    
Stellenbosch  

Vlak 2: Agri Werker met kennis en ervaring

Plaas:                                    Jonkersdrift

Area:                                      Jonkershoek, Stellenbosch

Posisie:                                 Agri-/wingerd en algemene werker

Aard van aanstelling:       3 maande pos wat kan lei tot ‘n langtermyn aanstelling

Minimum vereistes vir pos:

  • Suid-Afrikaanse burger [Met ID, bewys van verblyf, bankbesonderhede en SARS registrasie]
  • Woonagtig in Stellenbosch of direkte omliggende area
  • Gewilligheid om fisiese werk te doen ongeag die weerstoestand
  • Fisies fiks en geskik kom fisiese werk te kan doen
  • Moet as deel van ‘n span kan funksioneer
  • Moet geskrewe en mondelingse opdragte kan volg en uitvoer
  • Moet betroubaar, eerlik en hardwerkend wees
  • Afrikaans magtig (lees met begrip en skryf)
  • Engels sal voordelig wees
  • Kennis van wingerde en olywe
  • Vorige opleiding en ervaring in wingerd onderhoud
  • Ervaring met masjinerie (trekkers, “ride-on lawn mowers”, “brush cutters”)
  • Geldige kode 8 of 10 lisensie.
  • Kennis en ervaring van hoe besproeiing stelsels werk en onderhou.
  • Kennis en ervaring hê van masjinerie onderhoud soos trekkers.
  • Gewillig en gretig wees vir verdere opleiding.

Verwysings:

  • Minimum van 2 – 3 verwysings wat gekontak kan word.

Verkorte pligte en verantwoordelikhede:

  • Wingerd en olyfboord werk wat insluit: snoei, suier, vasmaak, blare breek, lote indruk, onkruid verwyder, oes, plant, behandel vir peste.
  • Besproeiing en sorg van wingerde, olywe en tuine
  • Werk met plaas toerusting en gereedskap
  • Algemene plaas/eiendom onderhoud
  • Uitvoering van pligte soos uitgesit sal word en nakoming van reëls op die plaas.
  • Onderhoud en die herstelwerk aan geboue op die perseel.
  • Onderhoud van Tuine en grasperke.
  • Onderhoud van grasvelde en kampe.
  • Onderhoud van die besproeiing in geheel insluitend alle druplyne.
  • Beheer van peste soos mole en muise of indringer insekte soos die “yellow Jacket wasps.”
  • Trekker Drywer
  • Voer van vee(daagliks)
  • Basiese brandbestryding (Velde)
  • Rioollyne nagaan en spoel
  • Water vlakke nagaan by al die resevoirs
  • Reservoirs en watervore skoonhou
  • Indringers behandel en verwyder, berg en rivier
  • Vullis verwydering by die wonings.
  • Skoon hou van alle personeel areas en plaas gronde
  • Jouself beskikbaar te stel tydens noodsituasies soos tydens veld/berg brande
  • Enige ander take wat redelik is en verwag kan word rondom Wingerd en olyfboord werk, algemene plaaswerk en tuinwerk.

Ure:

  • 07:00 – 17:00 weeksdae

8.5 ure se werk en 1.5 ure se tee en middagete.

Vergoeding:

  • Maandelikse salaris sal markverwant wees en bepaal word deur kennis en ervaring. Salaris sal verhoog word indien verdere aanstelling plaasvind na aanvanklike 3 maande.

Aansoek:

Sluitings datum van aansoeke: 13 Februarie 2026