MAATSKAPPY AGTERGROND:
My Klient is 'n pekanneut verwerkings aanleg wat in Hartswater geleë is, waar meer as die helfte van Suid-Afrika se pekanneute verbou word. Die hooffunksies van die Pekan Plant is die sif van groottes, gradering en kraak van pekanneute. Neute wat geskik is vir in-dop uitvoere word dienooreenkomstig skoongemaak en sorteer, terwyl pekanneut helftes en stukkies deur 'n strenger proses van kraak en gradering gaan. Nadat neut monsters getrek is, word dit volgens fisiese, mikrobiologiese en chemiese spesifikasies ontleed. Elke besending ontvang 'n gedetailleerde ontledings dokument met pekanneut spesifikasies om ooreenstemming te verseker.
OORHOOFSE DOEL VAN DIE POS:
Die doel van die Lynbestuurder: Kwaliteitsbeheer is om te verseker dat alle pekanneute wat aangekoop, verwerk en verkoop word, konsekwent aan interne en eksterne kwaliteit vereistes voldoen. Hierdie rol vereis akkurate graderings, deeglike monitering van prosesse, data-interpretasie en proaktiewe kwaliteit verbetering.
Die posisie vorm ’n belangrike verbinding tussen aankope, produksie, gehaltebeheer en bestuur.
ONDERVINDING EN KWALIFIKASIE:
• Minimum Graad 12 met Wiskunde.
• Kwalifikasie en statistiek, kwaliteitsbeheer of voedseltegnologie sal sterk in die kandidaat se guns tel.
• Minimum 2 jaar ervaring in ’n kwaliteitbeheer-, voedselverwerking- of soortgelyke produksie-omgewing.
• Sterk rekenaarvaardighede en kennis van Excel is ‘n vereiste.
• Kennis van statistiek, kwaliteitsversekering of prosesbeheer is voordelig.
• Uitstekende aandag aan detail en akkurate rekordhouding.
• Vermoë om onder hoë druk of vinnige omgewings te funksioneer.
• Uitstekende analitiese denkvermoë.
• Duidelike en professionele kommunikasie.
SLEUTELVERANTWOORDELIKHEDE:
1. Kwaliteit bepaling
• Toesig oor die gereelde uitvoering van toetse, graderings en inspeksies op alle aankope (grade, kern persentasie, voginhoud, afval).
• Validering van die akkuraatheid van toetsprosedures en resultate.
• Monitering van elke stadium van die verwerkings proses om te verseker dit voldoen aan gestelde gehalte- en operasionele standaarde.
• Identifisering van afwykings en terugvoering aan produksie bestuur.
3. Dokumentasie en Rekordhouding
• Versameling, vaslegging en instandhouding van alle data, graderings rekords, toetsuitslae en kwaliteit verwante logs.
• Verseker dat dokumentasie volledig, akkuraat en betyds is.
4. Data-analise en Rapportering
• Analise van inset teenoor uitset: kwaliteit, volume verskille, tendense, vergelykings en afwykings.
• Opstel van gereelde verslae vir operasionele bestuur.
• Identifisering van patrone wat produksie doeltreffendheid en produk gehalte beïnvloed.
5. Kwaliteit verbetering
• Identifiseer areas wat aandag of verbetering benodig en stel aanbevelings voor.
• Ondersteun die implementering van verbeterings prosesse en korrektiewe aksies.
• Samewerking met produksie om pro-aktiewe strategieë te ontwikkel om kwaliteit te verhoog en afval te verminder.
6. Opleiding en Ondersteuning
• Opleiding van personeel oor gehaltestandaarde, prosedures, skoonmaak vereistes en goeie produksie praktyke
• Verseker dat personeel konsekwent en akkuraat volgens standaarde werk.
Epos CV in WORD formaat: cvs@agricruitment.co.za