Parshulp gesoek vir 2027 pars seisoen - Paarl

Tuesday, 24 November, 2026
Christoph    
Paarl  

Windmeul Kelder in die Paarl is opsoek na ‘n parshulp vir die 2027 pars seisoen. Die periode sal strek vanaf middel Januarie 2027 tot begin April 2027.

Geen vorige ervaring is ‘n vereiste nie, maar dit sal wel in u guns tel. Deeglike opleiding sal plaasvind voor die aanvang van pars om u voor te berei. Die ideale kandidaat moet wel ‘n goeie gesindheid hê, oor die vermoë beskik om in ‘n span verband te werk en opdragte te kan uitvoer soos versoek deur die wynmakers, asook bereid wees om lang ure te werk.

Parshulp pos beskrywing:

Parshulpe sal die wynmakers assisteer met hul daaglikse take. Die take behels die hantering van perse, skeiers, flotasie pompe en pompe. Byvoegings by tenke, oortappe, trêk van monsters en rehidrasie van gis sal ook deel vorm van die daaglikse aktiwiteite. Opleiding sal gegee word vir die veilige hantering van masjienerie.

Indien u sou belangstel, stuur assbelief ‘n kort CV na christoph@windmeul.com (Wynmaker).