Parshulp vir 2022 benodig

Friday, 12 November, 2021
anonymous    
Stellenbosch  

'n Primêre Wynplaas net buite Stellenbosch benodig 'n sterk kandidaat vir die 2022 pars seisoen.  

Die persoon moet minstens een pars al reeds voltooi het en betroubare verwysings kan gee.
Die perfekte kandidaat sal 'n liefde hê vir wingerd en wyn, sal hard kan werk en goed saam werk in 'n span.  

Die pos strek vanaf die 5de Januarie tot die einde van April 2022.
Ongeveer 300ton produksie kelder met bloodstelling aan verskeie kultivars en liggings.

Die is 'n baie goeie geleentheid vir iemand om deel te vorm van 'n primêre wyn produksie span en ondervinding op te doen van druif tot bottel.

Indien jy voel jy is die regte kandidaat vir die pos reageer asseblief op die advertensie met jou CV en jou beskikbaarheid vir 2022.