Winemaker position available

Friday, 21 June, 2019
anonymous    
Robertson  

Robertson Koöperatiewe Wynmakery Beperk het ‘n opwindende en uitdagende geleentheid tans vir ‘n jong dinamiese WYNMAKER om by ons wynmaak span aan te sluit. Die wynmaker moet as individu wil presteer, maar veral bydra tot die hele span se sukses.

Die wynmaker moet deur sy/haar loopbaan tot dusvêr bewys kan lewer van sy/haar se vermoë om wyn van hoogstaande kwaliteit te maak. Premium wyne in kleiner volumes en terselfdertyd die druk van hoë kwaliteit grootmaat wynmaak is deel van die uitdagings in hierdie pos.

Die Wynmaker is verantwoordelik vir:

*          Produksie van gehalte wyne, hoofsaaklik witwyn

*          Beplan en bestuur van produksprosesse

*          Instandhouding van gehalte beheerstelsels

*          Doeltreffende bestuur van personeel en tydelike arbeid

*          Kelderhigiëne

*          Administrasie van die wynmaakproses op EzyWine

*          Voorraadkontrole en -beheer

*          Eksterne skakeling en aanbied van wynproeë, promosies en bemarking

*          Enige ander take wat met die pos geassosieer word

*          Hantering en instandhouding van wyn in vate


Die suksesvolle aansoeker sal onder andere oor die volgende beskik:

*          Formele kwalifikasie (graad of diploma) in Wingerd- en Wynkunde

*          3 tot 5 jaar ondervinding as wynmaker van witwyn

*          Ondervinding en kennis van wynmaak  met vate sal in u guns tel

*          Bewese ervaring in ‘n grootmaat/koöperatiewe kelder

*          Nodige tegniese kennis van wynmaak masjienerie

*          Administratiewe-, syfer- en rekenaarvaardighede – Ezywine en Excel

*          Goeie taal- en kommunikasievermoë

*          Uitstaande interpersoonlike vaardighede

*          Goed ontwikkelde organisatoriese vermoë

*          Die vermoë om individueel, sowel as in spanverband suksesvol te werk

 

Aansoeke, met ‘n dekbrief waarin aandui wanneer u diens kan aanvaar, asook verwagte salaris en CV’s  moet SKRIFTELIK gerig word aan:

Die Gelykeindiensnemingsbetuurder
Posbus 37
ROBERTSON, 6705
Faks: (023) 626 2926 of

maryke@robertsonwine.co.za

Robertson Koöperatiewe Wynmakery bied ‘n markverwante vergoedingspakket onderhandelbaar volgens ondervinding en kwalifikasies.

Sluitingsdatum:  31 Julie 2019