Parshulp gesoek vir 2020 seisoen

Friday, 22 November, 2019
anonymous    
Worcester  

Stettyn Family Vineyards geleë in die hartjie van die Bossieveld met sy unieke terroir, bied ‘n werksgeleentheid aan vir ‘n hardwerkende, betroubare kandidaat wat goed in spanverband kan funksioneer.

Tydperk van indiensneming sal van middel Januarie tot middel April 2020 strek. Vorige kelderondervinding en geldige rybewys sal in die kandidaat se guns tel.

Die pos behels die uitvoer van algemene keldertake in spanverband in die produksie-afdeling onder leiding van die wynmakers.

Rig asb aansoeke met ‘n kort CV en ‘n afskrif van jou ID na: jm@stettynwines.co.za vóór 12h00 op Vrydag 06 Desember 2019