Parshulp en Assistent wynmaker - 0

Monday, 20 November, 2017
Riaan Moller     0834074754
Stellenbosch  

'n Gevestigde wynplaas in Stellenbosch is opsoek na parshulpe en 'n assistent wynmaker vir die komende 2018 oes.  Die posisie bied 'n goeie geleentheid aan jong wynmakers om van al die aspekte van wyn maak te leer.  Die geleentheid strek vanaf 10 Januarie tot einde April/Mei 2018.  Ons fokus op al die edel varieteite, insluitend Shiraz en Chenin Blanc, asook MCC.

Verantwoordelikhede sluit in:

          > Wingerd monitering,
          > Druiwe en wyn samples,
          > Gisting monitering,
          > Wyn en vat seleksies,
          > Vol maak van vate,
          > Ontledings en byvoegings,
          > Proe,
          > Higiene,
          > Personeel en kelder bestuur

2 tot 3 Jaar ondervinding van die wynmaak proses is 'n noodsaaklikheid, terwyl 'n wynmaak kwalifikasie nie 'n vereiste is nie, maar in jou guns sal tel.  In ruil vir jou dienste en toewyding bied ons 'n mededingende vergoedingspakket aan.