Maatskappybode

Thursday, 30 May, 2019
Anel Odendaal     0218768026
Franschhoek  

Leopard’s Leap Wines in die Franschhoekvallei beskik oor ’n uitmuntende loopbaangeleentheid vir ’n persoon met ’n positiewe, energieke en geesdriftige lewensbenadering.

Die persoon sal gereeld met die handelsmerk se kliënte, verskaffers en gaste in aanraking kom en moet oor die volgende beskik:

  • Ten minste 2 jaar ervaring in ’n soortgelyke posisie
  • Puik taalvaardigheid in Afrikaans en Engels
  • 'n Netjiese voorkoms en professionele werksetiek
  • Die vermoë om gemaklik op alle vlakke te kommunikeer
  • ‘n Geldige rybewys en puik vaardigheid met voertuigbestuur
  • Bereidwilligheid om geskeduleerde Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae te werk
  • Algemene kennis ten opsigte van Franschhoek, Suid-Afrika en die wyn- en toerismebedryf sal in die kandidaat se guns tel

Verpligtinge behels die volgende:

  • Algemene werk as bode, soos aflewerings en die afhaal van wyn, goedere, bemarkingsmateriaal, posstukke, pakkette, ens. 
  • Die vervoer van personeel en gaste
  • Die omsien na voertuie: instandhouding, skoonmaak, padwaardigheid, lisensiëring, ens.
  • Aankope van kantoorkruideniersware
  • Basiese administratiewe take
  • Hulpverlening met maatskappy- en bemarkingsverwante aktiwiteite
  • Aflos van bodes werksaam by verwante maatskappye
  •  

‘n Mededingende salaris in ooreenstemming met die graad van voldoening aan bostaande kriteria word aangebied.

 Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.

 Rig asb. u CV en dekbrief om Anél Odendaal by e-pos ao.hr@historicwines.co.za voor 09:00 Woensdag 12 Junie 2019 te bereik. 

 As u binne twee weke na die sluitingsdatum geen terugvoering ontvang nie, aanvaar asseblief dat u aansoek nie geslaag het nie.