Bestuurder: Laboratorium en Navorsing

Wednesday, 12 June, 2019
Altus Theron     0543378800
Orange River  

Oranjerivierwynkelders is ‘n gevestigde onderneming met Wynkelders, ʼn Proe en Verkope sentrum en Rosyne verwerkings aanleg geleë langs die Oranjerivier waar ‘n reeks voortreflike produkte berei word. Die volgende posisie bestaan in Upington:

BESTUURDER: LABORATORIUM EN NAVORSING

U sal verantwoordelik wees vir die markgereedheid van kwaliteit produkte d.m.v.:

  • Bestuur van alle laboratorium prosesse, analises, beleide en personeel i.t.v. voorgeskrewe beleid en standaarde;
  • Ondersteuning t.o.v. navorsing, produkontwikkeling, tegnologie en prosesse;
  • Koördineer opleiding en ontwikkelings aktiwiteite van laboratorium personeel;
  • Ondersteuning en instandhouding van WineMS sagteware in produksie verband;
  • Implementering van voedselveiligheid en kwaliteit kontrole stelsels, FSSC2000, HACCP, GMP, GLP en ISO 17025;
  • Bystand aan Keldermeester met finale wynbereidingsprosesse aanleidend tot verpakking.

 

Kandidate wat beskik oor ʼn BSc en/of B Agric Wingerd en Wynkunde  en/of ʼn toepaslike kwalifikasies in chemie, mikrobiologie en/of wynbereiding, is welkom om aansoek te doen.  Meld asseblief die datum van diensaanvaarding en u benaderde salarisverwagting ten opsigte van totale koste van indiensname in u aansoek. Die vergoedingspakket is onderhandelbaar en sal vasgestel word ooreenkomstig kwalifikasies en ondervinding.

Voordele wat in die pakket vervat sal word sluit in: lidmaatskap tot ‘n uitstekende aftree en mediesefonds, ruim verlof, ‘n jaarlikse bonus.

Rig aansoeke met ‘n volledige CV aan:       

Die Groep Menslike Hulpbronnebestuurder
Posbus 544
Upington
8800

Aansoeke kan per e-pos gestuur word aan: 

hr@owk.co.za en vir meer inligting kan u met Altus Theron skakel by 054 3378800.
U kan ook ons webtuiste besoek by www.orangeriverwines.com

Sluitingsdatum vir aansoeke:  28 Junie 2019

 Indien u geen terugvoering binne 4 weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.